Weiveld Events 2018 - Hoop vir Gidion

Weiveld

Wednesday, 08 August 2018 @ 19:00

R150.00


Hoop vir Gidion

Sitplekke/ Tafels moet voor 19:30 ingeneem word. Bespreekte plekke word slegs tot 19:30 gehou.

GEEN onder 18s

GIDEON HOOP VIR GIDION

Gidion du Toit is by geboorte gediagnoseer met Fanconi-anemie (FA), n uiters seldsame genetiese afwyking wat die beenmurg aanval en daartoe lei dat die beenmurg nie funksies soos die produsering van wit-, rooibloedselle en plaatjies kan voorsit nie. Di vroeggebore een kilogram babatjie het vanaf geboorte n stryd om oorlewing en moes boonop twee dae na sy geboorte n operasie ondergaan om sy slukderm met sy maag te heg. Hy ly ook aan gehoorgestremdheid. Ondanks sy broos gesondheid, is di 9-jarige n seuntjie nes enige ander kind wat versot is op brandweerwaens, brandweermanne, ambulanse, polisiemanne en helikopters. Inteendeel, eendag as Gidion groot is, is dit sy droom om self n brandweerman te word. Hy is mal oor sport en alhoewel hy bewus is van sy fatale siekte, leef hy elke dag ten volle en is n leerder aan Bronberg Akademie in Olympus. Hy is ongetwyfeld een van die braafste en vreugdevolle seuntjies wat jy ooit sal ontmoet en put ure se genot om te speel met sy versameling motors en trokke.

Een van die grootste risikos vir kinders met FA is leukemia, dus ontvang Gidion vanaf 6-jarige ouderdom anabolise steroede om beenmurggroei te stimuleer. In Januarie vanjaar het Gidion erge hoofpyn gehad wat gediagnoseer is as bloeding op die brein. Weens sy lae plaatjietelling, was dit met God se genade dat hy dit oorleef het sonder enige komplikasies.

Ongelukkig is Gidion se huidige medikasie nie meer voldoende nie en is hy pre-leukemies. Hy ontvang weekliks plaatjietransfusies en bloedoortappings. Gidion se ma, Tuschka Reynders, n dieetkundige, het begin skakel met oorsese FA spesialiste. Hulle was dit eens dat Gidion n beenmurgoorplanting moet ondergaan. Weens die risikos verbonde, kan di prosedure slegs in een van die vier FA fasiliteite in die wreld plaasvind. n Hospitaal in die Verenigde Koningkryk het hul ongeveer R9 miljoen gekwoteer en Professor Wagner by die Universiteit van Minnesota se Kinderhospitaal, R6.6 miljoen. Tuschka het onmiddelik begin fondsinsamelings rel, maar di fonds staan tans op slegs R300 000.

Intussen het Tuschka op 7 Junie n ontmoeting gehad met Professor Novitsky, n onkoloog by die UCT hospitaal in Kaapstad. Hy het beaam dat Gidion baie dringend n beenmurgoorplanting benodig. Die risiko vir bloeding op die brein of elders is enorm en die aanbeveling is dat die prosedure dus so gou as moontlik plaasvind aangesien hy dit klassifiseer as n mediese noodgeval. Die prosedure sal binne die volgende agt weke plaasvind by die UCT Private Akademiese Hospitaal in Kaapstad. Intussen het Prof Novitsky die proses begin om n ho resolusie donateur te vind en sal motiverings indien by die gesin se mediese fonds om te sien wat hul bereid is om te dek. Sodra die skenker se beenmurg ontvang is, moet die gesin na Kaapstad reis. Gidion sal vir n maand lank in isolasie wees terwyl hy chemo ontvang. Daarna sal die oorplanting gedoen word en die beenmurgkweking plaasvind. As alles goed afloop, sal hy ontslaan word en as n buite-pasint behandel word vir drie maande.

Die gesin benodig tans nog sowat R1.5 miljoen om die volgende uitgawes te help dek:

Tuschka se basies salaris om haar verantwoordelikhede, mediese fonds, polisse

ensomeer vir ongeveer vyf maande te dek.

N n maand in isolasie sal Gidion n buite-pasint word en opvolgbesoeke sal nie

deur hul hospitaalplan gedek word nie.

Akkommodasie en kos vir Gidion en Tuschka vir hul vier maande verblyf

Medikasie en chemo wat nie deur die fonds gedek word nie

Reisonkostes

Enige toetse en prosedures wat buite die hospitaal gedoen word

Fondse om die uitstaande bedrag vir die beenmurgskenker te dek

Veldtogte waarby die publiek kan betrokke raak of bydra sluit in:

Hope200, waar die oogmerk is dat 200 maatskappye elk R10 000 skenk; besoek Gidion se raffle webwerf: http://hope4gidion.co.za; Fidget spinners wat aangekoop kan word teen R25 elk waarop maatskappy hul branding kan doen.

n Spesiale kuierdag saam met Gidion vind plaas op 24 Junie by Beach Bar om hom te bederf. Die publiek word hartlik uitgenooi om te kom saamkuier.

Op 8 Augustus vind die Hoop vir Gidion-konsert plaas by die Weiveld in Pretoria.

Kunstenaars wat gaan optree sluit in Martin Bester, ADAM en Irene-Louise.

Donasies kan in Gidion se rekening gemaak word:

GR du Toit

FNB

Spaarrekening

Takkode: 254005

Rekeningnommer: 62238888723

Die gesin wil graag die publiek bedank vir hul ondersteuning, hulp en liefde. Vir meer inligting besoek Gidion se FB-blad: https:www.facebook.com/GidionFighterofGod/

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Ticketpro.co.za

In samewerking Met en Trots Ondersteun deur LEEF (Lasting Legacy Entertainment en Entertainment & Event Factory, MoKiFo en Dare To Care

Physical Address:WEIVELD

Plot 49, Zwavelpoort, cnr Graham Road (extension of Lynnwood Road) & Boschkop Road, Pretoria

  

Section Adult 18+
Unreserved R150.00
Unreserved Tables R150.00
Unreserved Tables 2 R150.00

The following payment methods are supported: