AIG 2017 TSQ Arena - Afrikaans is Groot 2017 FRI 19:30

Menlyn - Time Square Arena

Friday, 24 November 2017 @ 19:30

R175.00 - R595.00


Sold Out

Unfortunately this event
is already sold out!

Afrikaans is Groot 2017 FRI 19:30

Sold Out

Unfortunately this event
is already sold out!

Wat jy moet weet #AiG2017

Afrikaans is Groot is terug met n nuwe kleur, geur, baadjie, venue en sonder enige twyfel, met groter betowering as ooit. Op Woensdag, 26 April, om 10:00 kan jy jou kaartjies koop, maar voor jy koop, gaan hierdie belangrike besonderhede na:

Afrikaans is Groot 2017 kunstenaars:
Juanita Du Plessis, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Refentse, Theuns Jordaan, Laurika Rauch, Die Heuwels Fantasties, Lianie May, Karlien van Jaarsveld, Jay, Riana Nel, Dewald Wasserfall, Jannie Moolman, Elvis Blue, Snotkop, Corlea Botha, Touch of Class, Monique Steyn en vele ander verrassings.

Venue:
Sun Arena by Times Square, Menlyn Maine, Pretoria.

Datums:

24 November 2017 om 19:30
25 November 2017 om 13:00 en 19:30
26 November 2017 om 13:00
01 Desember 2017 om 13:00
02 Desember 2017 om 13:00 en 19:30

Tydsduur:

Ongeveer twee en n half uur sonder n pouse.

Deure:

Open 1 uur voor die vertoning.

Kaartjies open:

26 April 2017 om 10:00

Kaartjies-kontakbesonderhede:

Epos: info@ticketpros.co.za
Telefoon: 0861 008 277
Webblad:aig.ticketpro.co.za


Kaartjie-kolleksies:

Druk jou kaartjie by die huis, en bring dit saam na die konsert.

Kaartjiepryse:

Kaartjies wissel van R175 tot R595.

Wat nie toegelaat sal word nie:

- Geen video of fotografiese toerusting.
- Geen kos.
- Geen troeteldiere.
- Geen stootwaentjies.
- Geen wapens of onwettige middels.

Kinders:

Kinders bo die ouderdom van 3 jaar sal hulle eie kaartjie moet h om toegang te bekom.
Geen kind bo die ouderdom van 3 jaar sal op n ouer se skoot toegelaat word nie.

Rolstoel of spesiale sitplekke:
Slegs n beperkte aantal kaartjies word vir spesiale sitplekke gereserveer. Alle spesiale-sitplekkaartjies moet via e-pos bespreek word by info@ticketpros.co.za teen R175 per kaartjie.
Hierdie kaartjies open ook 26 April om 10:00.
Daar sal spesiale toiletgeriewe wees. Daar sal ook parkering en aflaai-areas vir liggaamlik-gestremdes wees.

Parkering:

Daar is genoegsame parkering by die Sun Arena by Time Square self. Parkering is veilig, onderdak en sal R10 kos.

Hoe om n kaartjie te bespreek:
Kies die blok en prysklas waar jy graag wil sit. Kies die hoeveelheid kaartjies wat jy graag wil koop. Die kaartjieverkope-sisteem sal die beste moontlike beskikbare sitplekke in die blok en prysklas wat jy gekies het vir jou soek en reserveer, indien daar genoegsame sitplekke beskikbaar is in die blok wat jy gekies het. Sou jy nie van die sisteem se sitplek keuse hou nie, kan jy op hierdie stadium in die proses jou keuse verander en jou eie sitplekke in die blok kies.
SLEGS 30 kaartjies kan op n slag bespreek word.
Geen besprekings sal n jy jou kaartjies reeds gekoop het, kan verander nie - jou datum sal dus nie kan verander nie.

Sou jy jou kaartjies by n winkel wou koop, kan jy n lys van winkels vind deur hierdie skakel te volg:Ticketpro Outlets

LET WEL - die proses om n kaartjie by n winkel te koop is meer omslagtig en gaan heelwat langer neem as om jou kaartjie op die Ticketpro webblad te koop. Verwag asseblief lang wagtye en wees geduldig. Hierdie proses is in plek gestel spesifiek vir mense wat nie op die webblad per kredietkaart of EFT kan betaal nie en slegs met kontant kan betaal.

Hoe kaartjies uitgereik word:
Nadat jy jou betaling gemaak het, sal die kaartjie-sisteem vir jou n verwysingsnommer vir jou transaksie gee en die geleentheid om jou kaartjies af te laai. Druk onmiddelik jou kaartjies uit en bewaar op n veilige plek. Kaartjies kan ook gestoor word as n PDF dokument op jou rekenaar, waarna jy dit kan uitdruk. Jy sal ook n e-pos ontvang van die kaartjie-sisteem met n skakel om jou kaartjies af te laai en te druk, indien jy dit nog nie gedoen het nie.
Sou jy via n elektroniese oorplasing (EFT) betaal het, wees asseblief geduldig vir ongeveer 6 ure vir die epos om jou te bereik met die skakel om jou kaartjies af te laai en uit te druk.

Elke kaartjie het n unieke strepieskode en jy sal slegs een maal met jou unieke strepieskode toegang tot die vertoning kan bekom.
Dit bly jou verantwoordelikheid om jou kaartjie veilig te hou nie. Moenie jou kaartjie dupliseer en/of deel nie. Gedupliseerde kaartjies sal nie toegang tot die vertoning verkry nie.
Slegs kaartjies bekom deur Afrikaans is Groot se amptelike kaartjieverkope-agent sal geer word.

Betalings:
Betalings kan met n kredietkaart, VISA Checkout, elektroniese oorplasing (EFT), Snapscan en Mobi Cred gemaak word. Bankgoedgekeurde 3D veilige debietkaarte sal ook aanvaar word. Geen betalings kan tussen vriende gedeel kan word nie - een bespreking, een betaling.

Maak seker dat jy jou verwysingsnommer korrek invoer wanneer jy n elektroniese oorplasing (EFT) betaling maak, om te verseker jou betaling word korrek geallokeer. Indien die verkeerde verwysingsnommer gebruik word met n EFT betaling, kan die betaling en kaartjies nie geallokeer word.

Bepalings en voorwaardes:
Neem kennis dat daar geen veranderinge aan bestaande kaartjies gemaak kan word nie, dus sal jy nie n konsertdatum of -tyd kan verander as jou kaartjie reeds gekoop is nie. Maak seker jy koop jou kaartjies op die amptelike Ticketpro-webblad.
Afrikaans is Groot word vrygespreek van enige verpligting om enige kaartjies verkry vanaf derde partye buiten Afrikaans is Groot se amptelike kaartjieverkope-agent, te eer.

Afrikaans is Groot neem alle stappe moontlik om te verseker dat die inligting wat jy ontvang rakende die Sun Arena by Times Square, Menlyn Maine in Pretoria se uitleg, ten volle korrek is. Maar ons vra dat jy wel kennis neem dat klein vernaderinge met die sitplek uitleg dalk aangebring kan word, siende dat die perseel steeds in konstruksie is.

Terugbetalings of veranderinge:
Terugbetalings sal slegs geskied as die vertoning deur Afrikaans is Groot self gekanselleer word. Geen kansellasies soos per bepalings en voorwaardes. Ongelukkig is kaartjies nie veranderlik van een datum of konsert, na n ander nie.

     

Section Adult
Upper Level Block K4 & P4 R175.00
Upper Level Block K3 & P3 R250.00
Upper Level Block K2 & P2 R300.00
Upper Level Block K1 & P1 R350.00
Upper Level Block L & N R400.00
Upper Level Block M R450.00
Lower Level Block B & H R550.00
Lower Level Block C & G R550.00
Lower Level Block A R595.00
Lower Level Block D & F R595.00
Lower Level Block E R595.00


The following payment methods are supported: