Comedy Nights - Groet Die Grotman 2

Pero Diaz Venue AT Diaz Hotel & Resort

Friday, 31 May 2024 @ 18:00

R170.00


Groet Die Grotman 2

Dit is vyftien jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte. Die verskille tussen mans en vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. In Groet die Grotman2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld deur Grotman Phillru van Achterbergh. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie. Daar is n ouerbegeleiding van 16 (PG16).

"Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van n bok tot n televisieprogram). Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak"; sę skrywer en regisseur Frans Swart. Mens kan amper sę ons doen huweliksberading op n komiese wyse. Die feit dat Grotman sy węreldjie moet groter maak om by Elize se węreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop węreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se węreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies. Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het ... meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar! Lefra het die Grotman toe vir tien jaar laat rus in sy grot ... tjoepstil! maar Grotman kon nie net tjoepstil in sy grot bly nie. Hy het te veel stories om te vertel. Phillru van Achterbergh as die Grotman vertel van meesterbraaiers, slaaie, bouery, handdoeke wat nie gebruik mag word nie en natuurlik oor die slaapkamer!

Frans Swart, wat al as die klugkoning van Suid-Afrika bestempel is, het die nuwe teks geskryf wat splinternuwe aksies tot gevolg het. Die verskille tussen mans en vrouens sal altyd daar wees. Vrouens is gaarders en mans is jagters! Om saam te oorleef moet manne hulle jagterswęreld so bietjie verbreed om by die dames se węreld in te pas. Die dames moet van hulle kant, weer hulle gaarderswęreld vernou om by die Grotmanne se węreld uit te kom. Hierdie prosesse sorg vir skaterlagtyd!

Vrouens ... julle gaan julle mans herken in Groet die Grotman 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp. Meneer, jy gaan beslis jou vrou in Groet die Grotman 2 herken ... so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou ... net nie die middelvinger nie! Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik.



For those who would like to make a dinner table booking for pre- and/or post- the show

Cash Bar available pre, during and post show at the venue.

For dinner table bookings pre and/or post show please visit: www.bahiableu.co.za



Ticket Prices:

General Admission: R170 pp


Age Restriction: PG 16

Prohibited Items: No Firearms, No Alcohol, No Food

What Parking facilities are available at the venue: On-site parking facilities available
What Disabled facilities are available at the venue:Venue is wheelchair friendly

SectionAdult 16+
General AdmissionR170.00

Address: 1 Beach E Blvd, Die Voor Bay, Mossel Bay, 6500



The following payment methods are supported