Aardklop Aubade April 2021 - The Prince and the Piano with Megan-Geoffrey Prins
Afrikaanse Hoer Seunskool (Skoolsaal)
Sunday, 18 April 2021
@ 11:00
R100.00 - R180.00
The Prince and the Piano with Megan-Geoffrey Prins
Op 18 April 2021 bied Aardklop Aubade, in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool en RSG die derde van ons klassieke musiekkonserte in Pretoria aan.
Prins is 'n boorling van Riversdal, en het sy konsertdebuut op die ouderdom van 11 jaar gemaak. Hy het al as solis saam met verskeie internasionale orkeste opgetree: vanaf Duitsland, Amerika, Botswana en natuurlik in Suid-Afrika.
Veral sy uitvoering van Rachmaninov se klavierkonserte 2 en 3 word internasionaal aangeprys as "tegnies presies, met kunstige uitdrukking en voortreflike interpretasie".
In 2019 is Prins vereer as die Standard Bank Jong Kunstenaar van die jaar. Hy het ook onder andere met die eerste pryse by UNISA se 120ste Herdenkingskompetisie, die Stellenbosch Internasionale Kamermusiek Kompetisie, asook die 2017 SAMRO Oorsese Beurs Kompetisie weggestap. Voorwaar dus die "prins" van die klavier!
Wat hiérdie spesifieke konsert buitengewoon maak, is dat Prins ook versoeke vanaf die gehoor rakende hul gunsteling klassieke klaviermusiek sal uitvoer.
Daar is natuurlik ook weer n 10-minuutlang voorkonsert deur twee van Affies se talentvolle musiekleerlinge.
The Prince and the Piano with Megan-Geoffrey Prins
Met:Megan-Geoffrey Prins(klavier)
Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool
Datum:18 April2021
Tyd: 11:00
Prys:R180, R150 (pensioenarisse)
Tydsduur: 75 min
Kaartjie beskikbaar by Ticketpro:http://bit.ly/3kNfNkI
Vir navrae oor die konsert skakel 087 527 0023 of stuur 'n e-pos aan: navrae@aardklop.co.za
VEILIGHEID EN PROTOKOL
- Sitplekke word 1.5m beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreëls.
- Net 100 sitplekke beskikbaar
- MASKERS IS VERPLIGTEND.
- Temperatuur word geneem.
- Inteken vorm moet voltooi word.
- Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak 30 minute voor die vertoning oop)
- Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
- Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie
Section | Learners | Pensioner | All Ages |
---|
General Admission | R100.00 | R150.00 | R180.00 |
The following payment methods are supported: