Gospel Evening - 1 Hartklop Gospelfees

Swartlandskou Moorrreesburg

Saturday, 09 March 2024 @ 17:30

R80.00 - R120.00


1 Hartklop Gospelfees

NG Gemeente Moorreesburg bied aan



1 Hartklop Gospelfees



Jy, ja jy! Klop jou hart vir Christus?



Die 1 Hartklop Gospelfees is `n eerste vir die gemeente, sowel as die Swartland area.Gebore uit gehoorsaamheid aan God om so `n fees op die been te bring, nooi ons u HARTlik uit om die Skepper te kom vereer en verheerlik deur PRAISE & WORSHIP.



Ons sien daarna uit om die volgende welbekende kunstenaars te ontvang by die Swartland Skougronde op Moorreesburg: Soekie & die Radikids, Joe Niemand en Riana Nel. Ons gaan lekker saam kuier, saam sing en die Here loof en prys.



Die hekke open om 12:00 en dan gaan die Hartklop KidzCrew die kinders vermaak met speletjies en ander aktiwiteite (amper soos Stranddienste). Daar gaan stalletjies wees wat kos, koeldrank en vele ander items verkoop. Bring u eie stoel / kombers en n klein/kort sambreel (ons wil nie graag mekaar se sig versper nie) en kom maak jul tuis op die gras. U kan ook op die pawiljoen n sitplek inneem dit sal dalk net raadsaam wees om dan ook n sitkussing of kombers saam te bring, anders gaan die sit dalk lank voel.



Wat dit HART van vol is, loop die mond van oor...



HARTKLOP TYE

15:00 Hekke en stalletjies open. Kinders word Vermaak deur die Hartklop KidzCrew

17:30 Soekie & die Radikids

18:30 Joe Niemand

20:00 Riana Nel



Saterdag, 9 Maart 2024

Volwassenes: R120 pp

Kinders 8 18 jaar: R80 pp

Jonger as 8 jaar: Gratis



VERBODE ITEMS

Geen wapens/vuurwapens

Geen dwelmmiddels

Geen alkohol

Geen koelsakke/koelbokse,

Geen eie kos/drank/koeldrank,

Geen troeteldiere



TOEGELATE ITEMS

Stoele

Lae/klein sambrele

Komberse



PARKERING

Veilige bewaakte opelug parkering op die perseel



FASILITEITE VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE

Parkering is toeganklik

Beperkte toiletgeriewe



Bring jou familie, vriende, kennisse

#1hartklop

SectionKinders 8 -18 jaarVolwassenes
General AdmissionR80.00R120.00



The following payment methods are supported