Innibos 2024 Programme - Musikale Meander 28 Junie 2024

Busse vetrek vanaf NG Kerk Westergloed na Sudwala

Friday, 28 June 2024 @ 17:00

R300.00


Sold Out

Unfortunately this event
is already sold out!

Sold Out 0

Unfortunately this event
is already sold out!

Musikale Meander 28 Junie 2024

Musiek: Klassiek

Naam van produksie: Musikale Meander

Met Amira Willighagen (sopraan), en Charl du Plessis (pianis), Stéfan Louw (tenoor), Zanta Hofmeyr (violis), Susan Mouton (tjellis), Jeanne Louise Moolman (alt-violis), en die Nocoré Ensemble

Gradering: Gesin

Datum en tyd: Vr 28 Jun 15:00 en 17:00

Venue: Sudwala-grotte

Tydsduur: 260 minute

Prys: R300 (ligte verversings en drinkgoed ingesluit)

Busse vertrek stiptelik vanaf NG Kerk Westergloed se parkeerterrein, Koraalboomstr. 36.

Ondersteun deur die Sudwala-grotte



Kom beleef die pragtige omgewing, asemrowende klowe en grotte met van die land se bekendste klassieke kunstenaars.



Die Musikale Meander beloof om besondere ervaring vir elke feesganger te bied. Feesgangers ry op die bus tot by die Sudwala-grotte restaurant. Hier gaan die stryktrio Zanta Hofmeyr op viool, Susan Mouton op tjello en Jeanne Louise Moolman op altviool, optree. Hulle gaan werke van Beethoven en Dohnanyi uitvoer.



Dan word feesgangers bederf met heerlike koppie sop om die winterkoue te besweer.



Hierna kom Stéfan Louw aan die beurt. Dié gevierde tenoor sing vanaf 1999 en word beskou as n nasionale skat vir sy buitengewone stem. Stéfan se veelsydigheid skyn deur ikoniese rolle soos Alfredo in La Traviata en Radames in Aida, wat 'n blywende indruk op gehore agterlaat. Sy solo-optredes by musiekfeeste en jaarlikse vertonings by Birdsong Teater in Stilbaai bevestig sy reputasie. As vervaardiger is Aria! Opera for Everyone sy bekendste vertoning. Die voortdurende sukses sedert die vertoning se ontstaan in 2001 getuig van sy universele aantrekkingskrag. Stéfan gaan 'n betowerende uittreksel van hierdie vertoning uitvoer. Feesgangers kan uitsien na 'n harmonieuse samevoeging van musikale uitnemendheid en opvoedkundige verryking, wat 'n onvergeetlike ervaring vir almal verseker.



Dan is dit kort maar stewige stappie na die grotte waar die Nocoré Ensemble gaan optree. Die Nocoré Ensemble is 'n groep van 12 sangers wat in die uitvoering van 21ste-eeuse musiek spesialiseer. Hulle gaan paar nuut saamgestelde en pragtige a capella-werke van die beste koorkomponiste van ons generasie sing. Die ensemble verdeel dikwels in 8 tot 12 verskillende stemme wat gehoorwonderland van komplekse klank skep. Niks is mooier as klokhelder koorstemme in die Sudwala-grotte se wonderlike akoestiek nie.



Die laaste aandoenplek is diep in die maag van die grotte waar die bekende Amira Willighagen saam met die Steinway-meesterpianis, Charl du Plessis gaan optree.



Amira Willighagen het bekendheid verwerf toe sy Holland?s Got Talent in 2013 op negejarige ouderdom gewen het. Sedertdien het sy saam met vooraanstaande kunstenaars gewerk en het sy selfs saam met die wêreldbekende André Rieu en sy orkes opgetree. Amira het die bynaam Mimi, en haar fassinasie met die ikoniese Mimi Coertse het gelei tot huldeblyk-konsert: Mimi sing Mimi. Amira en Charl gaan fragment uit hierdie pragtige konsert waarvan Charl die musikale regisseur was, uitvoer. Hoendervleis-lekkerte om hierdie feesmaal van musiek mee af te sluit.

SectionGesin
General AdmissionR300.00



The following payment methods are supported