SA Diva Show - SAs Spectacular Diva Show

Communio Ouditorium

Saturday, 28 March 2020 @ 19:00

R200.00


SAs Spectacular Diva Show

SAs Spectacular Diva Show

Entertainment & Events Factory is geen onbekende as dit kom by funksies, kunstenaars en glansgeleenthede nie. Die nuwe produksie, SAs Spectacular Diva Show word met trots aangebied en ondersteun deur die volgende divas wat by die spoggeleentheid sal optree: Corlea, Liezel Pieters, Monique Steyn en Nadine.

Volgens Rex van Deventer, direkteur van EE Factory, het hy al twee jaar die idee om hierdie kunstenaars byeen te bring vir n konsert. Ek het hulle genader om te hoor of hul belangstel in die konsep en almal was baie inskiklik met hierdie voorstel. Dit is wel n uitdaging omdat hierdie dames, wat ek as die Top 4 vroulike kunstenaars in die land beskou, se stemme te kombineer juis omdat almal so uiteenlopend is. Hulle het uiters goeie talent en hierdie kombinasie gaan beplanning verg, maar dit word so gedoen dat die uitdaging net n absolute plesier raak.

Die beplanning vir die Diva Show gaan heel waarskynlik twee maande neem om te finaliseer, want almal se skedules moet ooreenstem en aangepas word sodat hulle bymekaar kan uitkom. Daarom raak hierdie tipe proses soms n langdurige een teneinde alles perfek uitgewerk te kry.

President Kruger Kinderhuis vorm deel van die konsertreeks en gaan by almal teenwoordig wees. 50% van die fondse wat gen word, gaan aan hulle geskenk word.

Ek is opgewonde om hierdie massiewe sterk konsep na die land te bring, veral ook met die soeklig op vrouebemagtiging. Ek dink die waarde van hierdie vier dames gaan dit n suksesvolle produksie maak om te onthou.

Corlea s dat duette n baie groter uitdaging is as net solo-sang. n Mens moet mekaar kan aanvul en nie net bo-oor mekaar sing soos wat jy met n solo vertoning sal doen nie. n Mens moet luister na mekaar en dit probeer vertolk dat mense dit kan voel. Wanneer jy daarin slaag en alles bymekaarkom, is dit absoluut ongelooflik.

Met die Divas show is dit moeiliker en moet bietjie wyer gedink word teenoor byvoorbeeld die beplanning van die Pop vs Rap show. Die vier dames het almal uiteenlopende style wat dit moeiliker maak. Ons het almal grootgeword met dieselfde musiek en styl en ons doen ballades, so dit gaan interessant wees om die balans te vind tussen ons vier, maar wanneer ons dit regkry, is dit ongelooflik. Ek het so baie respek vir die meisies, almal het iets totaal uniek wat hulle na die tafel toe bring. Ek kan nie wag om te sien hoe die mense dit gaan ervaar wanneer die vier van ons saam op die verhoog is nie. Ek dink dit gaan werklik iets wees om te aanskou en ek is bitter opgewonde daaroor!

Liezel Pieters s in di produksie ken al die sangers mekaar so dis nie so uitdagend nie, en almal se stemme is geoefen so dit sal nie moeilik wees dat almal se stemmebymekaar pas nie. Dit is n gulde geleentheid om deel te wees van die produksie, my passie is om te sing en op die verhoog te wees. Om n verhoog te deel met sulke ongelooflike kunstenaars, gaan net n plesier wees.

Liezel vertel dit neem baie goeie beplanning en deursettingsvermo om so n produksie aanmekaar te sit, maar om gebruik te maak van dames met sulke ongelooflike stemme wat n groot verkeidenheid bied, vergemaklik die proses. Die meeste van ons se agtergrond sluit groot produksies in wat dit vergemaklik en dit n lekker uitdaging maak. Al oefen ons nogtans goed, draai my maag maar en die vlinders vlieg rond, maar dit is baie gerusstellend om te weet dat die klomp kunstenaars ervare is en dieselfde passie deel as jy so dit maak dit makliker.

Liezel s sy geniet dit om verskilende stemme/harmoni te sing saam met ander kunstenaars en weet dit gaan n verrykende ervaring saam met die span wees.

Nadine sien dit nie as n uitdaging nie, maar as n wonderlike geleentheid om n fusion van talent te h en op die verhoog te staan en jy weet hoe jy klink en hoe jy voel en nou iemand anders wat presies dieselfde stuk voorberei se interpretasie van dieselfde musiek te hoor. Elke liedjie is n storie en om saam met iemand anders dieselfde storie te vertel maar ook te hoor hoe iemand anders dit interpreteer is verrykend en n voorreg. By elke geleentheid waar ek die voorreg gehad het om saam met iemand anders op te tree, het ek iets van die verhoog af in my hart saamgedra wat ek altyd sal onthou.

Nadine s hoe n mens se stemme by mekaar aansluit is absoluut hoe n mens voel in daardie oomblik en dikwels uit ervaring. Dis wanneer alles in die regte rigting gaan en jy n duet doen en saam met n paar sangers sing en kan sien wanneer almal in dieselfde moment is. Dis iets wat mens nie regtig kan beskryf nie, dis soos om aflos te hardloop en jy gee die stokkie aan vir iemand anders elkeen is n atleet op sy eie en het sy eie reg en uiteindelik is die doelwit vir almal dieselfde.

Kunstenaars sien mekaar meestal by optredes of in die media of jy hoor n nuwe liedjie van n kunstenaar en dan hoor jy iets wat regtig wow is en jy dink dit sou lekker wees om saam met di kunstenaar te sing, dit sou lekker wees om hierdie storie van hierdie liedjie saam met haar te kon vertel. Mens sien mekaar se kwaliteite raak en range en wanneer jy dan die geleentheid het om saam met iemand te werk, gryp jy dit aan.

Tyd en beplanning kan goed werk, want jy ken jou gunsteling liedjies wat jy wil sing en jy weet wat vir jou werk en die gehoor werk. Soms is daar ou liedjies wat jy nog altyd wou sing en waarvoor daar nog nie die geleentheid was nie, of nuwe musiek wat jy graag wil doen. Nou kry jy n platform om dit te doen wat jy graag wil doen en dit maak dit makliker om jou keuse van liedjies te maak.

Sy s wanneer jy in hart en siel n kunstenaar is en jy iets met mense wil deel, is dit iets wat jou dryf wanneer jy moeg is, wat jou inspireer en opgewonde maak. Dis n onverklaarbare en onbeskryflike ding om live op die verhoog te staan en jy weet jy is n kunstenaar in murg en been en op daardie oomlik kn jy dit doen en dit werk so goed. n Mens maak en neem herinneringe en uitstaan oomblikke saam met n klomp vroue en dis n fantastiese geleentheid. Dit wat die gehoor sien is n een maal in n leeftyd geleentheid en jy weet vandag se liedjie is die eerste en heel waarskynlik die laaste keer wat dit so vertolk sal word.

Section All Ages 2 +
General Admission R200.00

The following payment methods are supported: