Aubade Sept 2022 - Aardklop Aubade Ben Schoeman en Vriende n Fanfare van Klavier and Blasers

Afrikaanse Hoer Seunskool (Skoolsaal)

Sunday, 04 September 2022 @ 11:00

R100.00 - R190.00


Aardklop Aubade Ben Schoeman en Vriende n Fanfare van Klavier and Blasers

Momentum Beleggings Aardklop Aubade in samewerking met

Afrikaanse HoŽr Seunskool,

bied aan:

BEN SCHOEMAN & VRIENDE: 'n FANFARE VAN KLAVIER & BLASERS

Sondag, 04 September 2022 - Afrikaanse HoŽr Seunskool, Pretoria

Ben Schoeman is een van ons land se mees gerekende pianiste. Buiten Suid-Afrika, is die wÍreldverhoog sy tuiste, met solo vertonings, kamermusiek-uitvoerings en concertos reeds uitgevoer in Europa, die VSA en Kanada.

Vir hierdie opwindende Lente Aubade, bied Ben Schoeman en vriende 'n program aan wat sal verkwik, wegvoer en opkikker, nes diť seisoen dit jaarliks doen. Die klavier, Franse horing, klarinet, hobo, fagot en fluit sal jou sintuie stimuleer met 'n welluidende program van werke deur Mozart, Poulenc, Scriabin& Rimski-Korsakof.

Ben Schoeman (klavier), Jaco van Staden (Franse Horing), Lizet Smith (Klarinet), Gary Roberts (Hobo), Esther Watkinson (Fagot), Anna-Maria Vermeulen (Fluit).

Sluit by ons aan vir hierdie viering van klavier en blasers deur van ons land se voorste musikante.

Voorafvertoning - Affies 'drumline' (gr 10-12) o.l.v. Ronel du Plessis

Program

Mozart Kwintet vir Klavier en Blasers in E-mol Majeur, K. 452

Poulenc Sekstet vir Klavier en Blasers, FP 100

Scriabin (150ste Herdenking) Romanze (1890) vir Franse Horing en Klavier

Rimski-Korsakof Kwintet vir Klavier en Blasers in B-mol majeur (Finale)



Venue: Afrikaanse HoŽr Seunskool, Pretoria

Datum: Sondag, 04 September 2022

Tyd: 11:00

Tydsduur: 70 minute

Kaartjies: R190, R150 (pensionarisse), R100 (leerders)

Kaartjies by www.ticketpros.co.za



Konsertgangers kan ook 'n ligte ete (en ander versnaperinge) voor of na die konsert geniet by die 1920 restaurant op die skoolgronde.

Momentum Beleggings Aardklop Aubade is reeds gevestig as 'n tuiste vir die bevordering van Suid-Afrikaanse klassieke musiek. Ons skep met trots 'n platform vir musici, om op te tree voor gehore in die Jakarandastad.

Sosiale media: #Aardklop #AardklopAubade #affies.1920

Momentum Beleggings Aardklop Nasionale Kunstefees:

Facebook: Aardklop Nasionale Kunstefees @aardklop

Twitter: Aardklop Kunstefees @Aardklopfees

Instagram: aardklopkunstefees



Navrae: 087 527 0023 of navrae@aardklop.co.za

Volgens COVID-19 regulasies is sitplekke beperk. Om teleurstelling te voorkom, bespreek nou aanlyn by www.ticketpros.co.za. Daar sal streng aan alle COVID-19 gesondheids- en veiligheidsprotokolle voldoen word. Maskers wat die neus en mond bedek, moet te alle tye gedra word.

Alle nodige veiligheid- en sanitÍre protokol sal gevolg word.

VEILIGHEID EN PROTOKOL
- Sitplekke word 1.5m beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreŽls.
- MASKERS IS VERPLIGTEND.
- Temperatuur word geneem.
- Inteken vorm moet voltooi word.
- Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak 30 minute voor die vertoning oop)
- Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
- Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie

SectionLearnersPensionerAdult
Floor seatsR100.00R150.00R190.00



The following payment methods are supported: