Innibos 2024 Programme - ATKV Boeke crawl 27 Junie 2024

Bus vertrek vanaf NG Westergloed na Kaapsehoop

Thursday, 27 June 2024 @ 15:00

R350.00


ATKV Boeke crawl 27 Junie 2024

ATKV-Boeke-crawl



Met Etienne van Heerden en ULTRACoustic Duo (Wilken Calitz, Dirkie van Staden); Koos Kombuis en Jana Cilliers; Refentse en Johny Klein

Datum en tyd: Do 27 Junie 15:00 en 17:00

Plek: Kaapsehoop

Tydsduur: 260 minute

Gradering: Volwassenes

Prys: R350 (ligte verversings en drinkgoed ingesluit)

Busse vertrek stiptelik vanaf NG Kerk Westergloed se parkeerterrein, Koraalboomstr. 36.



Produksie moontlik gemaak deur die ATKV en ondersteun deur Bohemian Groove Cafe, Nagkantoor, Silver Mist-gastehuis en Van Loveren-wyne.



Na afwesigheid van 4 jaar is die boeke-crawl weer terug op die Innibos-spyskaart. Hierdie produksie was een van Innibos se wenresepte en die kaartjies daarvoor was elke jaar héél eerste uitverkoop.



Die ATKV-Boeke-crawl is moet vir elke feesganger wat glo in die krag van die woord, hetsy greep uit roman deur topskrywer, kortverhaal wat jou laat regop sit, of trefseker gedig. Voeg daarby musiek en die tafel is gedek vir kos vir die siel.



Feesgangers kry doppie-koppie met knertsie muskadel en serp om die ergste koue van die mistieke dorpie, Kaapsehoop, te besweer. Daar is drie aandoenplekke waar daar rondom boeke, woorde en wysies gekuier gaan word.



Die eerste aandoenplek is Bohemian Groove Café waar daar rondom die letterkunde van die liefde gekuier gaan word. Hier gaan akteur Johny Klein en sanger Refentse wys hoe vloei woord en lied ineen in vlegsel van letter en klank. Alles rondom die emosies wat liefde ontlok. Werke van verskeie skrywers gaan naatloos verweef word tot pure lekkerkry.

Die tweede aandoenplek is die kapel by Silver Mist Country Inn. Hier gaan die groot gees van Afrikaans letterkunde, Etienne van Heerden, gesels oor sy magiese romanGebeenteen ook fragmente daaruit voorlees. Die regte atmosfeer gaan met kitaar en viool geskep word deur ULTRACoustic Duo, Dirkie van Staden en Wilken Calitz.

Dan stap die feesgangers na Nagkantoor seOppiToneelwaar feesgangers getrakteer gaan word met lekkerte uit die oeuvre van Koos Kombuis. Uit hierdie kulturele ikoon se pen het outobiografie, roman, riller, talle rubrieke, kortverhale, gedigte en liedjies gevloei. Jana Cilliers gaan van sy treffende werke voorlees, terwyl Koos self sy liedjies gaan sing.



Met woorde, sinne, verse, verhale en musiek is die ATKV-Boeke-crawl unieke en eiesoortige woordreis wat nie misgeloop moet word nie.



Hongerpyne word afgeweer deur ligte verversings by die aandoenplekke. Laataand keer die busse weer terug na Mbombela.

SectionVolwassenes
General AdmissionR350.00



The following payment methods are supported