Die Groot Finale - Die Groot Finale 16h00

NG Kerk Miederpark

Friday, 27 September 2024 @ 16:00

R200.00 - R220.00


Parking/Packages/Programs

Parking/Packages/Programs
Die Groot Finale 16h00

Die groot finale

Debuut



Hierdie besondere opera-konsert bied 'n uitsonderlike ervaring met opwindende musikale finales en hoogtepunte van meesters soos onder andere Mozart, Haydn, Verdi en Wagner. Die soliste en koor sluit personeel en studente van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Musiek in. Onder leiding van Conroy Cupido, bekwame musikale direkteur en dirigent, beloof hierdie produksie 'n onvergeetlike aand. Die koor en soliste word bygestaan deur Tinus Botha en Megan-Geoffrey Prins op klavier en Magda de Vries op timpani. Die legendariese Suid-Afrikaanse sanger Coenie de Villiers belig die musikale items. Die sangdepartement van die NWU is bekend vir hul uitstaande produksies, waarvoor hulle al vir twee kykNET FiŽstas benoem is. Maak seker jy bespreek jou kaartjie betyds. Dankie aan die ATKV vir hul ondersteuning om hierdie konsert moontlik te maak.



Met: Coenie de Villiers (voorleser), Conroy Cupido (dirigent), Tinus Botha (klavier), Megan-Geoffrey Prins (klavier), Magda de Vries (timpani) en soliste en koor met personeel en studente van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Musiek

Komponis/Oorspronklike musiek: Onder andere Mozart, Mendelssohn, Haydn, Verdi en Wagner

Musiekregie: Conroy Cupido

Vervaardiger: Conroy Cupido (NWU Skool vir Musiek)

Moontlik gemaak deur: ATKV


Genre: Klassieke musiek

Taal:Meertalig

Gradering: Gesin

Tydsduur: 70 min.

Venue: NG Kerk Miederpark

Datum en tyd: 26 Sept. 16:00, 27 Sept. 16:00

Kaartjies: R220, R200 (Aardklop Hartsvriende en pensioenarisse)

SectionPensionarisseGesin
Seating BackR200.00R220.00
Seating frontR200.00R220.00




The following payment methods are supported