Steeds Donkie 2020 - Steeds Donkie 1

Elgro Hotel Saal

Sunday, 01 November 2020 @ 12:30

R150.00


Steeds Donkie 1

Steeds Donkie
Met: Frank Opperman
Teks: Dana Snyman
Regie: Gerrit Schoonhoven
Aangebied deur Aardklop Nasionale Kunstefees en Frank Opperman
Ondersteun deur NATi

Steeds Donkie is die logiese opvolg van Frank Opperman se trefferproduksie Donkie. Meneer Swart, beter bekend as "Donkie" is die skoolhoof van HoŽrskool Hans Oosthuizen. Met sy goeie bedoelings ten spyt is hy reeds effe suf geslaan en gebombardeer. Tydens hierdie Maandagoggend se saalopening het hy boonop etlike nuwe uitdagings: Die leerders se akademiese prestasies het geweldig agteruit gegaan tydens die Covid-pandemie, onderwysers se moed lÍ laag in hulle skoene en die beheerliggaam is geensinds tevrede met sy hantering van Black Lives Matter nie. Ten minste is hordes eksemplare van die skool se 80-jarige herdenkingsboek darem gedruk.

'Frank Opperman en Dana Snyman het met "Donkie" n karakter geskep wat met die eerste effe onbeholpe woord reeds diep in die hart kruip. Met soveel humor, fyn waarneming, subtiele kommentaar en absolute deernis word n storie vertel waarin ieder en elk homself sal verkneukel.'

Tydsduur: 60 minute
Ouerbegeleiding, Afrikaans

Aardklop Nasionale Kunstefees word jaarliks in Potchefstroom aangebied. Die fees is n nasionale kuns- en kultuurbate en daarom die nommer een keuse vir talle feesgangers van regoor die land. Die diverse program sluit alles van toneel, musiek, kinderteater, visuele kuns tot n kunsmark in. Die fees sal weer in volle swang in 2021 in Potchefstroom aangebied word. Hou gerus ons webblad dop.

Kaartjies is beskikbaar by www.ticketpros.co.za
Vir navrae skakel 087527 0023 of stuur n e-pos aan navrae@aardklop.co.za

Toegang na aanvang van vertonings sal geweier word.
Meer inligting: www.aardklop.co.za



VEILIGHEID EN PROTOKOL


- Sitplekke word 1.5m beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreŽls.
- Net beperkte sitplekke beskikbaar (50% kapasiteit).
-MASKERS IS VERPLIGTEND.
- Temperatuur word geneem.
- Inteken vorm moet voltooi word.
- Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak 30 minute voor die vertoning oop)
- Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
- Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie

SectionAll Ages
General Admission 1R150.00
General Admission 2R150.00

Aardklop Nasionale Kunstefees word jaarliks in Potchefstroom aangebied. Die fees is n nasionale kuns- en kultuurbate en daarom die nommer een keuse vir talle feesgangers van regoor die land. Die diverse program sluit alles van toneel, musiek, kinderteater, visuele kuns tot n kunsmark in. Die fees sal weer in volle swang in 2021 in Potchefstroom aangebied word. Hou gerus ons webblad dop.

Kaartjies is beskikbaar by www.ticketpros.co.za
Vir navrae skakel 087527 0023 of stuur n e-pos aan navrae@aardklop.co.za

Toegang na aanvang van vertonings sal geweier word.
Meer inligting: www.aardklop.co.za



The following payment methods are supported: